22 Hoor julle, dit is die dreungeluid van die vyand se leërs wat uit die noorde op pad is. Hulle sal al die stede van Juda verwoes. Die stede sal ’n lêplek vir die jakkalse word.”
23 Ek weet, Here, ’n mens hou nie jou lewe in jou eie hande nie. Niemand het beheer oor wat in die lewe met hom gaan gebeur nie.
24 Here, help ons reg, maar werk sag met ons. As U ons swaar straf as U baie kwaad is, sal daar niks van ons oorbly nie.
25 Haal u woede liewer op ons vyande uit. Hulle steur hulle mos nie aan U nie. Hulle het ook nie vir U respek nie. Hierdie vyand het u volk Israel totaal uitgeroei en die land verwoes agtergelaat.