8 Mense wat afgode vereer, is dom en verspot. Afgode wat uit hout gemaak is, kan ’n mens mos niks leer nie!
9 Dit maak geen verskil dat die gode versier is met die fynste silwer uit Tarsis of suiwer goud uit Ufas nie, dit bly maar iets wat ambagsmense gemaak het. Hulle trek hierdie gode ook klere aan wat uit baie duur materiaal gemaak is; tog bly dit steeds die werk van kunstige mense.
10 Maar die Here is die enigste ware God. Hy is die God wat lewe en sal vir altyd Koning bly! As Hy kwaad is, bewe die aarde van vrees. Die nasies kan nie weerstand bied teen sy woede nie.
11 Julle moet vir die mense wat afgode vereer, sê: “Hierdie kastige gode het nie die hemel en die aarde gemaak nie. Hulle sal van die aarde af verdwyn.”
12 Dit is die Here wat deur sy krag die aarde gemaak het. Met sy kennis het Hy gesorg dat die aarde vas staan en dat alles op die aarde op die plek is waar dit hoort. Dit is ook Hy wat beplan het dat die hemel so oopgesprei sal lê.
13 As Hy praat, klink dit soos die gedreun van donderweer in die hemel. Dit is ook Hy wat die mis laat opstyg uit die aarde. Dit voel vir ’n mens of dit van iewers ver op die aarde af moet kom. Die Here stuur ook die weerlig saam met die reën. Hy stuur ook die wind van ’n plek af wat iets soos ’n stoorkamer moet wees.
14 As mense nou met Hom vergelyk word, lyk hulle maar dom. Hulle weet net mooi niks! Die goudsmede wat die beelde maak, kom in die verleentheid, want die afgodsbeelde is vals. Hulle het nie krag nie.