Jeremia 11:16-22 DB

16 Die Here het gesê: “Daar was ’n tyd toe Ek julle ’n pragtige groen olyfboom genoem het. Mooi om te sien en vol goeie vrugte. Maar in ’n groot storm sal die weerlig die boom brand en al die takke verskroei.

17 Die Here is sterker as alles en almal. Hy het Israel en Juda soos hierdie olyfboom geplant. Hy sal sorg dat hulle vernietig word. Die mense van Israel en Juda het slegte dinge gedoen. Hulle het My kwaad gemaak, want hulle het wierook vir Baäl gebrand om in sy goeie boekies te kom.”

18 Dit was eers toe die Here my dit vertel het dat ek besef het my vyande was besig om planne teen my te maak.

19 Ek was soos ’n lam wat op pad was na die slagpale om geslag te word, salig onbewus van wat aan die gang was. Hulle was van plan om my dood te maak. Hulle het gesê: “Kom ons raak ontslae van hierdie man, dan is ons ook ontslae van die dinge wat hy sê! Kom ons maak hom dood, dan sal niemand ooit onthou dat hy geleef het nie!”

20 Here, U is sterker as alles en almal. U tree altyd regverdig op. Ja, Here, U weet presies wat binne-in ’n mens aangaan. U weet selfs wat ons dink. Ek wil graag sien wat gebeur as U wraak neem op my vyande. Ek het my saak vir U gegee om te hanteer.

21 Die Here sê oor die mense van Anatot: “Hulle wil jou doodmaak, Jeremia. Dit is omdat jy namens My praat. Hulle sê hulle sal jou doodmaak as jy nie ophou om dit te doen nie.”

22 Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Ek gaan hulle straf! Die jongmans sal in gevegte met ’n vyand doodgemaak word. Hulle kinders sal van die honger doodgaan.