1 Die Here het vir my gesê: “Selfs al het Moses en Samuel voor My gestaan om hierdie mense se saak te stel, sou Ek hulle nie jammer gekry het nie. Raak ontslae van hulle, Ek wil hulle nie sien nie.
2 As hulle vir jou vra: ‘Waarheen moet ons gaan?’ sê vir hulle die Here sê: Dié van julle wat moet doodgaan, sal doodgaan. Dié van julle wat in ’n oorlog moet gaan veg, sal gaan veg op die slagveld. Dié wat honger moet ly, sal honger ly. Ander van julle wat deur julle vyand uit julle land weggevat moet word, sal weggevat word.”
3 Die Here sê: “Ek sal hulle op vier maniere straf. Hulle sal met ’n wapen doodgemaak word en honde sal hulle wegsleep. Dan sal die aasvoëls en die wilde diere dit wat van hulle oorgebly het, opvreet.
4 Koning Manasse, die seun van Hiskia, koning van Juda, het dinge in Jerusalem gedoen waarvan Ek niks gehou het nie. Omdat hy hierdie dinge gedoen het, sal Juda ly. Ek sal van my volk ’n voorbeeld maak. Wat met hulle gebeur, sal al die volke op die aarde skok.”