13 Die Here het vir die mense van Juda gesê: “Julle het oral in die land baie verkeerde dinge gedoen. Omdat dit so is, Israel, sal Ek al julle rykdom en julle besittings as buit vir julle vyand gee.
14 Ek sal dat julle vyande julle wegvat na ’n land wat julle nie ken nie. My woede is so groot, dit is soos ’n vuur wat brand. Dit sal nooit ophou brand nie.”
15 Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my. Straf die mense wat my vervolg. Moenie toelaat dat hulle my doodmaak nie! Onthou asseblief dat ek verneder word omdat Ek vir U werk.
16 Here, toe U gepraat het, het ek mooi geluister en elke woord ingeneem. Wat ek gehoor het, het my baie bly gemaak. Here, U is sterker as alles en almal. Dit maak my opgewonde om te weet dat ek aan U behoort.
17 Ek was nie deel van die groep mense wat gespot het nie. Ek het my eenkant gehou, want my lewe het nou aan U behoort. Al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, het my baie kwaad gemaak.
18 Waarom hou my swaarkry nie op nie? Waarom word my wonde nie gesond nie? Soms voel dit vir my of ek nie seker kan wees dat U my sal help nie. Dit is soos ’n stroompie waarvan jy nie altyd seker is dat daar water in sal wees nie.”
19 Die Here sê toe: “As jy doen wat Ek wil hê jy moet doen, sal Ek jou weer gebruik soos vroeër. As jy ophou om onverantwoordelike dinge te sê, kan jy weer namens My praat. Jy moet sorg dat ander mense jou voorbeeld volg, nie jy hulle voorbeeld nie.