1 Die Here het weer vir my gesê:
2 “Jeremia, jy moenie trou nie. Jy moet ook nie kinders hê in hierdie land nie.
3 Laat Ek jou vertel wat met die kinders wat in hierdie land gebore word en met hulle ouers gaan gebeur:
4 hulle sal van verskriklike siektes doodgaan. Daar sal niemand wees wat sal huil omdat hulle dood is nie. Niemand sal hulle ook begrawe nie. Hulle lyke sal soos mis op die grond bly lê. Hulle sal in oorloë sterf of van die honger doodgaan. Hulle lyke sal deur aasvoëls en roofdiere gevreet word.”