18 Ek sal hulle weer en weer straf vir die slegte en verkeerde goed wat hulle gedoen het. Ek wou hê dat die land altyd skoon moes bly van ander gode. Israel het hulle nie daaraan gesteur nie. Hulle het die land besmet met beelde wat nie ’n tikkie lewe in hulle het nie. Hulle het oral in hierdie land wat Ek vir hulle gegee het, van hierdie afskuwelike beelde gebring.”
19 Here, U gee my krag. U beskerm my. Ek kan ook veilig by U wegkruip as gevaar op my pad kom. Mense van ander nasies sal van oral oor die aarde na U kom en sê: “Ons voorouers was dom om nikswerd afgode te dien. Hulle kan tog niks doen nie!
20 Kan mense hulle eie gode maak? Hulle kan seker beelde maak, maar ’n beeld is tog nie ’n regte god nie!”
21 Die Here sê: “Ek sal hulle wys hoe groot my krag is en hoeveel mag Ek het. Dan sal hulle weet dat Ek die Here is. Ek is regtig God!”