1 Die Here het vir Jeremia nog ’n boodskap gegee. Hy het gesê:
2 “Gaan na die ateljee van die pottebakker. Daar sal Ek met jou praat.”
3 Ek het toe na die ateljee van die pottebakker gegaan en hom gekry waar hy besig was om op die pottebakkerskyf te werk.
4 Maar die pot wat hy besig was om te maak was nie reg volgens sy smaak nie. Hy het toe die klei weer inmekaargedruk totdat dit ’n bol was. Daarna het hy weer begin om ’n nuwe pot te vorm wat was soos hy dit wou hê.
5 Die Here het toe vir my ’n boodskap gegee wat met die klei te doen gehad het. Hy het gevra:
6 “Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei gemaak het nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker is om daarmee te maak net wat hy wil, so is julle in my hande.
7 As Ek in ’n stadium sê dat Ek ’n sekere nasie of ’n regering van ’n land omver sal gooi, sal afbreek en vernietig, kan Ek dit doen.