4 Maar die pot wat hy besig was om te maak was nie reg volgens sy smaak nie. Hy het toe die klei weer inmekaargedruk totdat dit ’n bol was. Daarna het hy weer begin om ’n nuwe pot te vorm wat was soos hy dit wou hê.
5 Die Here het toe vir my ’n boodskap gegee wat met die klei te doen gehad het. Hy het gevra:
6 “Israel, kan Ek nie met julle net so maak soos die pottebakker met die klei gemaak het nie? Kyk, soos die klei in die hande van die pottebakker is om daarmee te maak net wat hy wil, so is julle in my hande.
7 As Ek in ’n stadium sê dat Ek ’n sekere nasie of ’n regering van ’n land omver sal gooi, sal afbreek en vernietig, kan Ek dit doen.
8 Maar as hulle ophou om die verkeerde dinge te doen waarmee hulle besig is, sal Ek hulle nie inmekaardruk soos Ek eers wou nie.
9 Aan die ander kant, as Ek sê dat Ek ’n sekere nasie of regering sal opbou en groot en sterk sal maak, dan kan Ek dit doen.
10 As die nasie egter verkeerde goed begin doen en nie aan My gehoorsaam is nie, sal Ek sorg dat dit nie met hulle goed gaan soos Ek eers beplan het dit moet nie.