1 Die Here het vir my gesê: “Gaan koop ’n kleipot. Vra dan vir ’n paar van die senior leiers van die mense en van die senior godsdienstige leiers om saam met jou te gaan.
2 Gaan by die uitgang met die naam Potskerfhek uit na die Hinnomvallei. Gaan sê daar vir hulle wat Ek sê.
3 “Sê vir hulle: Konings van Juda en mense van Jerusalem, luister na wat Ek te sê het. Ek is sterker as alles en almal, Ek is die God van Israel! Ek gaan ’n groot ramp oor hierdie plek laat kom. As mense daarvan hoor, sal hulle ore tuit.
4 Ek doen dit omdat die mense nie lojaal aan My was nie, maar hierdie plek vuil gemaak het met die goed wat hulle hier gedoen het. Hulle het hier wierook vir vreemde gode gebrand. So vreemd was hierdie gode dat niemand van hulle geweet het nie. Nie vandag se mense nie, ook nie hulle voorouers of die konings van Juda nie. Die ergste is dat hulle onskuldige mense hier doodgemaak het.