11 Maar Here, U is by my soos ’n sterk soldaat wat my beskerm. Ek sal niks oorkom nie. My vervolgers staan nie ’n kans teen U nie. Hulle sal tweede kom. Hulle sal rooi in die gesig staan omdat hulle niks kan regkry nie. Hulle vernedering sal nooit vergeet word nie.
12 “Here, U is sterker as alles en almal! U is regverdig as U mense toets. U sien presies wat in mense se hart en gedagtes omgaan. Ek wil graag sien hoe U hulle terugbetaal vir wat hulle gedoen het. Ek het my saak in u hande gelos.
13 Sing om vir die Here eer te bring! Praat oor hoe goed die Here is! Ek was soos ’n arm mens, maar U het my gered uit die mag van die mense wat my laat swaarkry het.”
14 Ek is spyt dat ek ooit gebore is. Niemand mag ooit sê dat die dag van my geboorte ’n wonderlike dag was nie.
15 Mag dit sleg gaan met die mens wat vir my pa gaan sê het: “Geluk, jy het ’n seun!”
16 Mag dié man word soos die stede wat die Here destyds sonder om ’n oog te knip vernietig het. Mag sy dag begin met mense se angskrete en eindig met oorlogsgeskreeu!
17 Hoekom wens ek dit? Omdat hy my nie doodgemaak het nog voor ek gebore is nie. Dan kon my ma se liggaam sommer my graf gewees het.