13 Sing om vir die Here eer te bring! Praat oor hoe goed die Here is! Ek was soos ’n arm mens, maar U het my gered uit die mag van die mense wat my laat swaarkry het.”
14 Ek is spyt dat ek ooit gebore is. Niemand mag ooit sê dat die dag van my geboorte ’n wonderlike dag was nie.
15 Mag dit sleg gaan met die mens wat vir my pa gaan sê het: “Geluk, jy het ’n seun!”
16 Mag dié man word soos die stede wat die Here destyds sonder om ’n oog te knip vernietig het. Mag sy dag begin met mense se angskrete en eindig met oorlogsgeskreeu!
17 Hoekom wens ek dit? Omdat hy my nie doodgemaak het nog voor ek gebore is nie. Dan kon my ma se liggaam sommer my graf gewees het.
18 Waarom is ek tog ooit gebore? My lewe is net swaarkry en pyn. Moet ek my hele lewe lank net verneder word?