1 Die Here het weer vir Jeremia gesê wat hy moes praat. Dit was toe koning Sedekia vir Pasgur, die seun van Malkija, en Sefanja, die seun van Maäseja, wat ’n priester was, na hom toe gestuur het met ’n versoek:
2 “Koning Nebukadnesar van Babel is besig om met sy soldate teen ons op te trek. Vra tog namens ons vir die Here wat gaan gebeur. Miskien sal die Here vir ons ’n wonderwerk doen soos Hy al in die verlede gedoen het. Miskien sal Nebukadnesar dan terugtrek.”
3 Jeremia het hulle geantwoord: “Gaan sê vir koning Sedekia,
4 die Here, die God van Israel sê: Op die oomblik is julle besig om buite die mure van die stad te baklei teen die koning van Babel en die Babiloniërs wat julle omsingel het. Ek gaan maak dat julle niks met julle wapens kan doen nie. Ek gaan julle vyand laat inkom in die hartjie van die stad in.
5 Ek gaan ook self teen julle veg en julle my groot krag laat voel. Ek is verskriklik kwaad. Julle het My woedend gemaak.