6 Ek gaan ’n epidemie in die stad laat uitbreek. Mens en dier sal doodgaan.
7 Na dit alles gebeur het,” sê die Here, “sal koning Sedekia van Juda, van sy amptenare en van die mense in die stad die oorlog, hongersnood en siektes oorleef. Maar Ek sal dat koning Nebukadnesar van Babel en hulle vyande wat hulle dood wil hê, hulle vang. Hy sal hulle doodmaak sonder dat hy enigsins vir hulle jammer voel. Hy sal geen genade vir hulle hê nie en niemand laat oorleef nie.
8 “Sê vir die mense, die Here sê: Ek gee julle ’n keuse. Julle kan kies tussen lewe en dood.
9 Mense wat kies om in Jerusalem te bly sal óf in gevegte óf van die siekte-epidemie óf van die honger doodgaan. Maar wie kies om uit die stad te gaan en hulle aan die Babiloniërs oor te gee, sal bly lewe.
10 Ek het besluit om hierdie stad skade aan te doen. Ek gaan niks goeds vir hulle doen nie,” sê die Here. “Ek sal die stad aan die koning van Babel oorgee. Hy sal Jerusalem verbrand.”
11 Sê vir die koninklike familie: “Dit is die boodskap van die Here vir julle!
12 Die Here sê die volgende vir die konings wat uit die nageslag van Dawid kom: Sorg dat mense elke dag regverdig behandel word. As iemand besteel is, beskerm die persoon teen die uitbuiters. As julle dit nie doen nie, sal my woede soos ’n vuur brand wat niemand kan blus nie. Dit sal gebeur omdat julle verkeerd doen.