23 Dit mag vir jou baie lekker wees om in ’n paleis te bly wat met sederhout mooigemaak is. Maar dit sal nie lank so aanhou nie. Binnekort sal jy van angs en vrees gil. Dit sal net so voel soos ’n vrou se geboortepyne.”
24 Die Here het vir Jojagin, die seun van koning Jojakim van Juda, gesê: “So seker as wat Ek die lewende God is, Ek sal van jou ontslae raak. Al is jy soos ’n seëlring aan my vinger, Ek sal jou afpluk.
25 Ek weet jy is bang vir koning Nebukadnesar van Babel en sy mense. Hulle wil jou graag doodmaak. Ek sal jou in hulle hande laat beland.
26 Ek sal jou en jou ma uit Juda verban na ’n land waar nie een van julle twee gebore is nie. Daar sal julle doodgaan.
27 Julle sal nooit weer na julle eie land waar julle so graag sal wil wees, kan terugkom nie.”
28 Hoekom is hierdie man Jojagin soos ’n stukkende kleipot wat niemand dink enigiets werd is nie? Hoekom sal hy en sy kinders uit hulle eie land weggejaag word na ’n vreemde land wat hulle nie ken nie?
29 Juda, jy en jou mense moet luister na die boodskap van die Here!