2 In die een mandjie was daar goeie vye. Dit was van die vye wat eerste ryp geword het. In die ander mandjie was die vye so sleg dat ’n mens dit nie kon eet nie.
3 Die Here het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien vye. Sommige van die vye is baie goed, terwyl ander so sleg is dat ’n mens dit nie kan eet nie.”
4 Die Here het toe vir my hierdie boodskap gegee:
5 “Ek is die Here, die God van Israel, en van hierdie mandjies sê Ek: Die goeie vye is soos die mense van Juda wat Ek uit hulle land laat wegvat het na die land van die Babiloniërs. Dit was vir hulle eie beswil dat Ek dit gedoen het.
6 Maar Ek sal ’n ogie oor hulle hou en kyk dat dit met hulle goed gaan. Ek sal hulle weer na hulle land toe laat terugkom. Soos ’n mens ’n gebou opbou, so sal Ek met die mense maak wat terugkom uit Babel. Ek sal sorg dat dinge weer vir hulle begin regkom. Ek sal hulle nie weer afbreek nie. Dit sal wees asof Ek hulle ’n nuwe volk maak. Ek sal hulle nie laat ophou bestaan nie.
7 Ek sal hulle weer mense maak wat sal erken dat Ek die Here is. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My alleen dien en niemand anders nie.”
8 Van die slegte vye sê die Here: “Koning Sedekia van Juda, sy leiers, die mense van Jerusalem wat in die land agtergebly het en ook nog die mense wat in Egipte bly, is soos hierdie vye. Ek sal met hulle maak soos met hierdie slegte vye wat ’n mens nie kan eet nie.