1 In die laatsomer van die vierde jaar wat Sedekia koning van Juda was, het Gananja met my gepraat. Gananja was die seun van Assur en het uit Gideon gekom. Hy het ook gesê dat hy ’n profeet van die Here is. Hy het in die tempel met my gepraat terwyl al die priesters en gewone mense gestaan en luister het.
2 Hy het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: Ek sal die mag van die koning van Babel wat soos ’n juk op julle nek was, breek.
3 Koning Nebukadnesar het ’n klomp kosbare bakke uit die tempel na Babel toe weggedra. Oor twee jaar sal Ek dit na die tempel toe terugbring.
4 Ek sal ook vir Jojagin, wat die seun van Jojakim is, hiernatoe terugbring. Maar Ek sal ook die ander mense wat saam met hom na Babel ontvoer is, terugbring. Julle kan seker wees, Ek sal die mag wat die koning van Babel oor julle het, verbreek.” Dit is wat die Here sê Hy gaan doen.
5 Jeremia het voor al die priesters en die mense wat saamgedrom het, geantwoord op wat Gananja gesê het. Hulle het nog steeds daar voor die tempel gestaan en praat.