14 Ek is die Here wat sterker as alles en almal is. Ek is die God van Israel. Ek sal ’n ysterjuk op die nekke van al hierdie nasies sit. Ek sal hulle dwing om voor Nebukadnesar, wat die koning van Babel is, te buig en vir hom te werk. Hy sal mag oor hulle hê. Hulle sal geen regte hê nie. Alles sal onder sy beheer wees. Hy sal selfs oor die wilde diere beheer hê.”
15 Jeremia en Gananja het al twee gesê dat hulle profete van die Here is. Jeremia het toe vir Gananja gesê: “Luister, Gananja, die Here het jou nie as sy boodskapper gestuur nie! En tog het jy dit reggekry dat die mense jou leuens glo.
16 Omdat jy dit gedoen het, sê die Here: ‘Ek sal jou van die aarde af wegvee. Jy sal vanjaar nog doodgaan! Jy het teen die Here in opstand gekom en Hy sal dit nie duld nie.’”
17 Gananja is twee maande later, in die sewende maand van daardie jaar, dood.