24 Die Here het ook ’n boodskap vir Semaja gehad. Hy was van Negelam afkomstig.
25 Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel en Hy sê: “Jy het ’n brief geskryf wat jy self geteken het. Hierdie brief het jy aan die mense gestuur wat in Jerusalem bly. Maar jy het dit ook aan die priester Sefanja, die seun van Maäseja, en ander priesters gestuur. Daarin het jy vir Sefanja geskryf:
26 ‘Die Here het jou in die plek van die priester Jojada aangestel. Jy is nou in beheer van die tempel. Dit sal jou werk wees om toe te sien dat geen mal mens boodskappe namens die Here bring nie. As daar so iemand is, moet jy die persoon in die tronk sit met ’n boei om die nek.
27 Verduidelik nou ’n bietjie, hoekom het jy niks aan Jeremia van Anatot gedoen nie? Hy het sulke boodskappe namens die Here vir jou gegee.
28 Jeremia het vir ons in Babel ’n brief gestuur waarin hy sê dat ons lank hier in die vreemde sal bly. Hy het gesê dat ons huise moet bou om in te bly. Verder moes ons ook tuine maak en eet wat daarin groei.’”
29 Toe die priester Sefanja hierdie brief van Semaja af gekry het, het hy dit vir Jeremia gelees.
30 Die Here het toe vir Jeremia hierdie boodskap gegee: