20 Dit sal met hulle kinders goed gaan soos vroeër. Ek sal weer sorg dat hulle my volk is. As iemand dit sou waag om hulle te onderdruk, sal Ek hulle straf.
21 Hulle sal nie deur iemand van ’n ander nasie regeer word nie. Een van hulle eie mense sal koning wees. Ek sal hom nooi om naby My te kom en hy sal kom. Wie sou dit waag om voor My te kom staan as Ek hom nie genooi het nie?” vra die Here.
22 “Julle sal my eie mense wees, my volk, en Ek sal julle God wees.”
23 Maar neem kennis, die Here se woede is soos ’n storm wat losbars. Dit is soos ’n orkaan wat die slegte mense sal tref.
24 Die Here se woede is iets vreesliks. Dit sal nie bedaar nie totdat Hy gedoen het en bereik het wat Hy beplan. As die tyd aanbreek dat hierdie dinge gaan gebeur, sal julle dit verstaan. Alles sal dan duidelik word.