5 Hy sê: “Ek het die angstige uitroepe van my mense gehoor. Daar is vrees en geen kalmte nie.
6 Ek wil ’n vraag vra: Kan mans babas hê? Nou waarom staan hulle dan bleek in die gesig met hulle hande op hulle heupe soos ’n vrou wat kraampyne voel?
7 Dit is ’n verskriklike tyd wat die mense beleef. Nog nooit in die geskiedenis het mense sulke dinge deurgemaak nie. Dit is ’n tyd van baie probleme vir die mense van Israel. Maar op die ou einde sal hulle uit die moeilikheid gered word.
8 In dié tyd sal Ek die juk breek wat op my mense se nek druk. Ek sal ook die kettings waarmee hulle vasgemaak is, uitmekaar laat spat. Geen vreemde mense sal meer oor hulle baasspeel nie. Ek is die Here wat sterker as alles en almal is!
9 Die mense van Israel sal net vir My as hulle God dien. Verder sal hulle ook net vir iemand uit Dawid se familie as hulle koning dien. Ek sal hom as hulle koning aanstel.”
10 Die Here sê ook: “Israel, julle moet nie bang of angstig wees nie. Ek sal julle en julle kinders terugbring uit die land waarheen julle weggevat is, al is dit ook ver. Israel, julle sal weer rus en vrede in julle eie land hê. Julle sal vir niemand bang hoef te wees nie.
11 Wees gerus, Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek sal julle uit die hande van julle vyande red. Julle is oral versprei onder die nasies. Hulle sal Ek vernietig, maar julle sal nie vernietig word nie. Maar hoewel Ek julle nie sal vernietig nie, gaan Ek julle nogtans straf. Ek sal julle ’n regverdige straf gee.”