25 En tog, Here, het U vir my gesê om ’n stuk grond te koop. Ek moes selfs voor getuies geld daarvoor betaal het. En dit gebeur alles terwyl die Babiloniërs op die punt staan om die stad in te neem.”
26 Die Here het vir Jeremia gesê:
27 “Ek is die Here, die God van al die mense van die wêreld. Is daar iets wat te moeilik is vir My om te doen?
28 Ek sal hierdie stad aan die Babiloniërs oorgee. Nebukadnesar, wat die koning van Babel is, sal Jerusalem inneem.
29 Die Babiloniërs wat nou buite die mure van die stad baklei, sal in die stad inkom en dit aan die brand steek. Hulle sal die huise afbrand. Die vyand sal ook die huise afbrand waar die mense bo-op die dak wierook vir Baäl gebrand het. Die mense het ook by hierdie huise ander gode vereer deur van hulle wyn uit te gooi. Hierdie verering van die gode het My baie kwaad gemaak.
30 “Van die vroegste tye af al het Israel en Juda niks anders as verkeerd gedoen nie. Hulle het My verskriklik kwaad gemaak met die goed wat hulle doen.
31 Vandat Jerusalem gebou is tot vandag toe, het die inwoners van die stad My nog altyd net kwaad gemaak. Ek wil hê dit moet voor my oë verdwyn.