8 En net soos die Here gesê het, het Ganamel toe na my toe gekom waar ek opgesluit was in die paleis se binnehof. Hy het vir my gesê: “Koop my grond daar by Anatot in die grondgebied van Benjamin. Jy het die eerste opsie om dit te koop voordat ander mense die kans kry om die grond te koop. Koop dit vir jouself.” Toe het ek geweet dat dit die Here was wat met my oor die grond gepraat het.
9 Ek het die stuk grond by Anatot by my neef Ganamel gekoop. Ek het hom sewentien silwer munte daarvoor betaal.
10 Toe het ek die koopkontrak geteken en dit verseël terwyl daar getuies was wat gesien het wat ons doen. Daarna het ek hom die sewentien silwer munte betaal wat ek afgeweeg het.
11 Die koopkontrak het al die voorwaardes en ooreenkomste tussen Jeremia en Ganamel ingehad. Ek het toe die koopkontrak wat verseël was en ook ’n afskrif wat nie verseël was nie, gevat
12 en ek het dit vir Baruk die seun van Nerija gegee. Nerija was die seun van Magseja. Ek het al hierdie goed voor my neef Ganamel en die getuie wat die koopkontrak geteken het, gedoen. Ek het dit ook gedoen voor al die Jode wat in die binnehof waar die wagte gebly het, gesit het.
13 Ek het toe voor almal vir Baruk gesê:
14 “Die Here, die God van Israel, is sterker as alles en almal. Hy het gesê: ‘Vat die verseëlde en die oop koopkontrak en sit dit in ’n kleipot sodat dit vir ’n lang tyd gebêre kan word.