10 Die amptenare en al die mense van Juda het aanvanklik gedoen wat die koning beveel het,
11 maar later anders besluit. Hulle het die mans en die vroue wat hulle vry laat gaan het, weer hulle slawe gemaak.
12 Die Here het toe deur Jeremia vir hulle gesê:
13 “Ek, die Here wat die God van Israel is, sê: Lank terug het Ek julle voorouers as slawe in Egipte vrygemaak. Toe het Ek met hulle ’n ooreenkoms gemaak.
14 Ek het hulle opdrag gegee om aan die einde van ses jaar elke Hebreër wat ’n slaaf is, vry te laat. Julle voorouers het dit nooit gedoen nie.
15 “Toe julle onlangs begin besef het dat dit verkeerd is, het julle reg gedoen om My te gehoorsaam. Julle het julle Joodse slawe vrygelaat. In my tempel het julle dit toe met ’n ooreenkoms met My vasgemaak.
16 “Maar nou het julle julle woord gebreek. Julle het My beledig met wat julle doen. Julle kan mos nie nou die mans en die vroue wat julle vry laat gaan het, weer julle slawe maak nie!”