7 In dié stadium was die Babiloniese leërs besig om teen Jerusalem, Lakis en Aseka oorlog te maak. Hierdie stede was die enigste stede van Juda met mure om wat nog nie ingeneem was nie.
8 Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit was nadat koning Sedekia ’n ooreenkoms met al die mense in Jerusalem gemaak het om hulle slawe vry te laat.
9 Hy het hulle beveel om al hulle Hebreeuse slawe, mans en vroue, vry te laat. Geen Jood moes meer ’n ander Jood se slaaf wees nie.
10 Die amptenare en al die mense van Juda het aanvanklik gedoen wat die koning beveel het,
11 maar later anders besluit. Hulle het die mans en die vroue wat hulle vry laat gaan het, weer hulle slawe gemaak.
12 Die Here het toe deur Jeremia vir hulle gesê:
13 “Ek, die Here wat die God van Israel is, sê: Lank terug het Ek julle voorouers as slawe in Egipte vrygemaak. Toe het Ek met hulle ’n ooreenkoms gemaak.