23 Baruk het die boek in kolomme geskryf. Elke keer as Jehudi drie of vier van hierdie kolomme voorgelees het, het die koning sy mes gebruik om dit uit die boek te sny. Hy het deel vir deel van die boek uitgesny en in die vuur gegooi. So het hy aangehou totdat hy alles verbrand het.
24 Die koning en sy beamptes het na alles geluister wat geskryf was, maar dit het hulle nie bang gemaak nie. Hulle het ook nie hulle klere geskeur om te wys dat hulle jammer was oor alles wat hulle gehoor het hulle verkeerd doen nie.
25 Elnatan, Delaja en Gemarja het die koning gesmeek om nie die boek te verbrand nie, maar hy het hom nie aan hulle gesteur nie.
26 Daarna het die koning vir sy seun Jeragmeël, Seraja en ook vir Selemja opdrag gegee om Baruk en Jeremia te gaan vang. Seraja was ’n seun van Asriël en Selemja ’n seun van Abdeël. Maar die Here het Baruk en Jeremia weggesteek.
27 Die Here het weer met Jeremia gepraat. Dit het gebeur na die episode toe die koning die boek stuk vir stuk verbrand het. Hy het gesê:
28 “Kry vir jou ’n ander boek en skryf alles weer neer wat in die boek gestaan het wat Jojakim verbrand het.” Die boek was weer in ’n vorm dat dit opgerol kon word.
29 “Sê vir koning Jojakim die Here sê: Jy het die boek verbrand omdat daarin gestaan het dat die koning van Babel hierdie land gaan verwoes. Geen mens of dier sou oorleef nie.”