28 “Kry vir jou ’n ander boek en skryf alles weer neer wat in die boek gestaan het wat Jojakim verbrand het.” Die boek was weer in ’n vorm dat dit opgerol kon word.
29 “Sê vir koning Jojakim die Here sê: Jy het die boek verbrand omdat daarin gestaan het dat die koning van Babel hierdie land gaan verwoes. Geen mens of dier sou oorleef nie.”
30 Die Here sê oor Jojakim, die koning van Juda, die volgende: “Hy sal nie opvolgers uit sy familie hê om die koningskap van Dawid te laat aangaan nie. Sy lyk sal buite weggegooi word. Hy sal nie begrawe word nie. Hy sal so oop lê in die hitte van die dag en in die koue van die nag.
31 Ek sal hom straf. Maar nie vir hom alleen nie, ook sy familie en sy amptenare. Ek sal dat al die rampe wat Ek beloof het die mense van Juda en Jerusalem tref. Hulle wou mos nie na my waarskuwings luister nie!”
32 Jeremia het toe weer ’n boek gevat en vir sy sekretaris Baruk gesê wat om te skryf. Hy het alles weer neergeskryf soos dit was in die boek wat koning Jojakim verbrand het. Jeremia het egter in hierdie boek nog gedagtes bygesit wat baie soos die ander was.