1 Sedekia was die seun van Josia. Koning Nebukadnesar van Babel het hom as koning van Juda aangestel in die plek van Jojagin, wat ’n seun van Jojakim was.
2 Maar nie Sedekia, sy amptenare of die gewone mense van die land het hulle enigsins gesteur aan wat die Here deur Jeremia gesê het nie.
3 In elk geval, koning Sedekia het twee mans na Jeremia toe gestuur. Hulle was Jukal, ’n seun van Selemja, en Sefanja, ’n seun van Maäseja. Sefanja was ’n priester. Hulle moes vir Jeremia vra om namens hulle tot die Here te bid.
4 Jeremia was toe nog nie in die tronk opgesluit nie. Hy kon nog kom en gaan soos hy wou tussen die mense.
5 Die leër van die farao het uit Egipte opgetrek. In dié stadium het die Babiloniese leër Jerusalem omsingel en van die buitewêreld afgesny. Maar toe hulle van die Egiptiese opmars hoor, het hulle van Jerusalem af teruggetrek.
6 Die Here die God van Israel het met Jeremia gepraat.