7 Hy het gesê: “Jeremia, die koning van Juda het jou mos na My toe gestuur om te kom uitvind wat gaan gebeur. Sê vir hom die leër van die farao is op pad terug Egipte toe. Sy plan was eintlik om julle te kom help.
8 Maar omdat hulle nou terugtrek, sal die Babiloniërs terugkom en weer teen die stad kom veg. Hulle sal Jerusalem inneem en afbrand.
9 Sê vir hulle Ek sê: Moenie julleself flous en dink die Babiloniërs sal wegbly nie. Hulle kom vir seker terug.
10 Selfs al kry julle dit reg om die Babiloniese leër te verslaan sodat net ’n paar gewondes in hulle tente oorbly, dit sal niks help nie. Hulle sal doodgewoon optrek en Jerusalem aan die brand kom steek.”
11 Die leër van die Babiloniërs het teruggetrek van Jerusalem af omdat die leër van die farao op pad was.
12 Jeremia wou toe weggaan van Jerusalem af na die grondgebied van Benjamin. Hy wou gaan kyk het na die stuk grond daar wat sy erfdeel sou wees.
13 Maar toe Jeremia by die Benjaminhek wou uitgaan, het ’n wag met die naam Jirija hom gevang en beskuldig: “Jy wil oorloop na die Babiloniërs toe!” Jirija was ’n seun van Selemja en ’n kleinseun van Gananja.