1 In die middel van die herfs daardie jaar het Ismael en tien van sy mense by Gedalja in Mispa aangekom. Ismael was die seun van Netanja en die kleinseun van Elisama. Hy het uit die koninklike familie gekom en was een van die koning se offisiere. Gedalja het hulle vir ete genooi. Terwyl hulle nog so by die tafel sit,
2 het Ismael en sy tien manskappe opgespring en Gedalja met ’n swaard doodgesteek.
3 Hy het ook al die Jode doodgemaak wat daar by Gedalja was. Ismael het ook die Babiloniese soldate vermoor wat by Gedalja in Mispa was.
4 Die volgende dag, nog voordat enigiemand iets van Gedalja se moord gehoor het,