9 Hy het vir hulle gesê: “Julle het my na die Here wat die God van Israel is, gestuur om raad te vra. Hier is sy antwoord:
10 Julle moet hier in die land bly. As julle dit doen, sal Ek opbouend met julle werk. Ek sal nie dat dit met julle sleg gaan nie. Soos ’n boom sal Ek julle plant dat julle kan vestig en groei. Ek sal nie met julle maak soos ’n mens met ’n plant maak wat jy wil uitroei nie. So ’n plant trek ’n mens wortel en al uit die grond uit. Ek is jammer oor al die slegte dinge wat julle moes deurgaan.
11 Moenie bang wees vir die koning van Babel nie. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle. Ek sal sorg dat hy nie langer oor julle baasspeel nie.
12 Omdat Ek vir julle omgee, sal Ek die koning van Babel se hart sag maak. As dit gebeur, sal hy julle in julle land laat bly.
13 Maar julle sal aan My ongehoorsaam wees as julle sê: ‘Ons wil nie in hierdie land bly nie,’ maar sê:
14 ‘Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorloë, van oproepe om te gaan baklei en van ’n skaarste aan kos.’
15 As dit is wat julle sê, luister dan gerus wat die Here sê vir die groep van julle wat in Juda oor is. Die Here wat die God van Israel is en sterker is as alles en almal, sê: As julle vasskop en sê dat julle in Egipte wil gaan bly,