8 By Tagpanges het die Here weer met Jeremia gepraat. Hy het gesê:
9 “Gaan na die farao se paleis wat in Tagpanges is. Daar is ’n stuk plaveisel voor die ingang van die paleis. Vat ’n paar groot klippe en druk hulle in die klei wat tussen die stene van die plaveisel is. Maar doen dit so dat die mense van Juda jou sien as jy dit doen.
10 Sê dan vir die mense van Juda die Here wat die God van Israel is, sê: Julle kan julle klaarmaak, Ek gaan Nebukadnesar, die koning van Babel, hier na Egipte toe laat kom. Hy is in my diens. Ek sal hom sy troon laat neersit hier waar Ek hierdie klippe laat wegsteek het. Hy sal sy koninklike tent bo-oor die plek opslaan.
11 Nebukadnesar sal kom en Egipte aanval. Die mense se lot is reeds bepaal. Dié wat moet doodgaan, sal doodgaan. Die mense wat gevange geneem moet word, sal gevang word en dié wat deur geweld moet sterf, sal so sterf.
12 Hy sal die tempels van die Egiptiese gode aan die brand steek. Hulle afgode sal deur die vuur verbrand word of as buit weggevat word. Hy sal Egipte skoonmaak soos ’n herder van insekte in sy klere ontslae raak. Daarna sal hy ewe rustig weggaan.
13 Hy sal die pilare voor die tempel van die son in Egipte afbreek. Verder sal hy ook die tempels van die Egiptiese gode afbrand.”