16 Die Here het baie van die soldate laat struikel en teen mekaar laat val. Hulle het gesê: ‘Kom laat ons teruggaan na ons eie mense en na die land waar ons gebore is. Laat ons net wegkom van ons vyand wat ons wil doodmaak!’
17 Hulle sal van die farao sê: ‘Die koning van Egipte is ’n windsak wat ’n kans deur sy vingers laat glip het.’”
18 Die Here is Koning! Hy is sterker as alles en almal. Hy sê: “So waar as wat Ek lewe, iemand gaan teen Egipte optrek wat soos Tabor hoog bo die ander berge sal uitstaan of soos Karmel bo die see.
19 Pak julle goed op! Maak julle reg om uit Egipte weggevat te word! Die stad Memfis sal vernietig word. Niemand sal meer daar bly nie.
20 Egipte is soos ’n mooi, jong verskalf. Maar ’n steekvlieg uit die noorde val haar aan.
21 Egipte se huursoldate het soos vetgemaakte kalwers geword. Hulle het nie eens weerstand teen die vyand gebied nie. Die tyd van Egipte se ondergang het gekom. Dit is niks anders as ’n tyd van straf nie.
22 Wanneer die vyand met mag en mening aangemarsjeer kom soos houtkappers met byle, sal die mense van Egipte wegvlug soos ’n slang wat saggies wegseil.