8 Dit is die Egiptiese leër wat soos die water van die Nyl maak. Dit bruis soos ’n aanstormende rivier in vloed. Hulle sê dat hulle sal optrek en die aarde sal oorspoel. Hulle sal stede en die mense wat daarin bly, saam verwoes.
9 Hits die perde aan om vorentoe te gaan, laat die oorlogswaens optrek! Laat al die bondgenote uit Etiopië, Libië en Lidia wat hulle wapens goed kan gebruik, opruk!
10 Hierdie dag is die dag van die Here. Hy is sterker as alles en almal. Dit is ’n dag om wraak te neem op sy vyande en hulle terug te betaal. Dit sal ’n bloedige geveg wees. Baie mense sal doodgaan. Die groot klomp mense van die vyand wat in die noordelike deel van die land op die oewer van die Eufraatrivier sal omkom, sal vandag vir die Here wees soos offers wat gebring word.
11 Egipte, jy wat soos ’n jongmeisie is, gaan Gilead toe en kry salf! Maar jy moet weet, al jou medisynes sal jou nie gesond maak nie.
12 Die nasies het gehoor van die skande wat jou oorgekom het. Jou uitroepe van wanhoop word oral gehoor. Die een soldaat val teen die ander totdat hulle al twee saam neerslaan.”
13 Die Here het nog dinge vir Jeremia gesê. Dit het gegaan oor koning Nebukadnesar se planne om Egipte aan te val.
14 “Gaan sê dit in Egipte vir almal om te hoor! Laat die mense dit ook in die stede Migdol, Memfis en Tagpanges hoor! Maak julle reg vir ’n geveg, want dit sal rof gaan in die oorlog.