4 Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei. Dit is ook die tyd om die mense uit Tirus en Sidon wat hulle kan kom help, af te sny. Ek sal die Filistyne wat oorspronklik van Kreta af kom, vernietig.
5 Die mense van Gasa sal in rou wees. Askelon is klaar verwoes. Hoe lank sal julle wat op die kusvlakte by die Middellandse See oorgebly het, nog huil en kla omdat julle rou?
6 Swaard van die Here, hoe lank nog voor jy weer tot rus kom? Gaan terug in jou skede! Kom tot rus en gedra jou stil!
7 Maar hoe kan die swaard stil wees as Ek, die Here, dit ’n opdrag gegee het om te doen? Almal in Askelon en die kusvlakte moes doodgemaak word. Ek, die Here, het gesê dat dit gedoen moet word.”