11 Die Here sê: “Moab leef van haar vroegste dae af al rustig. Hulle is nog nooit deur ’n ander volk uit hulle land weggevat nie. Moab is soos ou wyn wat laat staan is en nie van houer na houer oorgegooi is nie. Die smaak het nie verlore gegaan nie en die geur is nog net soos dit was.”
12 Maar die Here sê: “Die tyd kom dat Ek mense sal stuur wat die wyn sal uitgooi. As hulle al die wyn uitgegooi het, sal hulle die wynkruike stukkend breek.
13 As dit gebeur, sal Moab verleë wees omdat die afgod Kemos hulle nie gehelp het nie. Israel het ook destyds in die verleentheid gekom omdat hulle op Bet-El staatgemaak het.”
14 Moab, hoe kan julle nog sê: “Ons is helde, baasvegters in die oorlog?”
15 Die Here wat sterker as alles en almal is, die Koning, sê: “Moab en al haar stede sal verwoes word. Van haar beste jongmense is doodgemaak in gevegte.
16 Baie binnekort gaan Moab deur ’n groot ramp getref word. Die land se ondergang kom vinnig nader.
17 Almal wat naby aan Moab bly, kan solank begin huil oor hierdie land. Julle wat die reputasie van Moab ken, kan sê: ‘Die septer en die staf wat gewys het hoe sterk en trots die regering van Moab was, is nou gebreek.’