20 Die antwoord is: ‘Huil en roep van hartseer uit, want Moab se mag is gebreek. Vertel vir almal, selfs tot by die Arnonrivier, dat Moab verwoes is!’
21 Die straf vir die stede op die hoogland het aangebreek. Die stede is Golon, Jahas, Mefaät,
22 Dibon, Nebo, Bet-Diblatajim,
23 Kirjatajim, Bet-Gamul, Bet-Meon,
24 Kerijot en Bosra. Al Moab se stede wat naby en ver is, sal so gestraf word.
25 Moab het sy krag verloor. Die land is magteloos soos ’n bul waarvan die horing afgesny is of soos iemand wie se arm gebreek is,” sê die Here.
26 Hy sê ook: “Laat Moab slinger en val soos ’n dronk mens, want hy hou hom opstandig teen My. Laat Moab in sy eie braaksel rol sodat ander hom sal spot.