44 As daar mense is wat van dié vreeslike dinge probeer wegvlug, sal hulle in ’n lokval beland. En dié wat so gelukkig is om die lokval te mis sal in ’n vanggat val. Ek sal sorg dat nie een van julle wegkom nie. Die tyd het gekom dat Moab gestraf moet word.
45 Van die mense wat vlug, sal net so ver as Gesbon kom voordat hulle krag op is. Hulle sal nie verder kan gaan nie, want Gesbon, wat koning Sihon se stad is, is aan die brand. Hierdie vuur sal die hele land saam met al die mense wat opstandig is, verwoes.
46 Hoe ’n tragiese geval is Moab nie! Julle het op julle god Kemos vertrou, maar dit het julle niks gehelp nie. Julle is vernietig! Die vyand het al julle kinders gevang en uit julle land weggevat.
47 Maar eendag in die toekoms sal Ek weer Moab se omstandighede verander. Ek, die Here, sê dit sal so wees!”So eindig die boodskap oor die straf van Moab.