32 Vat gerus al hulle kamele en hulle groot getalle vee vir julle as buit. Ek sal hierdie mense wat so op die rand van die woestyn bly, in alle windrigtings verjaag. Ek sal dat rampe hulle van alle kante af tref. Ek, die Here, sê so.
33 Gasor sal ’n eensame en verlate plek word. Mense sal nie meer daar bly nie. Dit sal net ’n plek wees waar jakkalse bly.”
34 Jeremia was ’n profeet van die Here. Die Here het vir hom sekere dinge oor Elam gesê. Dit was net toe Sedekia koning van Juda geword het.
35 Die Here wat sterker as alles en almal is, het gesê: “Elam se krag lê in sy goeie boogskutters. Maar Ek sal hulle krag vernietig deur hulle boë te breek.
36 Ek sal dat die vyand van Elam al die mense van Elam in verskillende rigtings verstrooi. Dit sal wees soos winde wat Ek uit die vier windrigtings laat kom om hulle te verwaai. Daar sal nie ’n volk êrens wees by wie die mense wat uit Elam gevlug het, nie sal aanland nie.
37 Ek sal die oorsaak wees dat Elam doodbang sal wees vir hulle vyande wat hulle so bitter graag wil doodmaak. Ek is so kwaad vir hulle dat Ek hulle gaan straf. Waar hulle ook al is, sal hulle in gevegte beland en doodgaan. Ek sal hulle heeltemal uitroei.
38 Ek sal hulle konings en leiers vernietig en die regter van Elam wees. Dit sê Ek, die Here!