6 Maar eendag, as alles verby is, sal Ek weer Ammon se omstandighede verander. Ek, die Here, sê dit sal so gebeur!”
7 Edom is in die kollig:Die Here wat sterker as alles en almal is, sê: “Is daar nie meer verstandige mense in Teman nie? Wat het geword van mense met gesonde verstand? Het hulle insig opgedroog?
8 Draai om en vlug weg! Julle wat in Dedan bly, kruip in grotte weg! Ek gaan Edom met ’n ramp tref. Die tyd het gekom om met die mense af te reken.
9 Is dit nie so dat die mense wat druiwe pluk, altyd iets in die wingerd los nie? En steel diewe wat in die nag inbreek nie net wat hulle wil hê nie?
10 Maar Ek sal Edom kaal stroop. Ek sal al die wegkruipplekke oopmaak sodat niemand meer kan wegkruip nie. Al hulle kinders, familie en bure sal uitgewis word en Edom sal ophou bestaan.
11 Maar los julle weeskinders vir My. Ek sal sorg dat hulle bly lewe. Julle weduwees kan ook op My staatmaak vir hulp.”
12 Die Here sê: “As onskuldige mense swaar moes kry, verdien julle dit mos meer om gestraf te word. Julle sal nie ongestraf bly nie!