1 Die Here sê: “Ek sal ’n verwoester aanhits om Babel en die Babiloniërs aan te val.
2 Ek sal vreemde mense stuur om Babel te verwoes. Hulle sal die mense van Babel verstrooi soos ’n wind wat kaf wegwaai. Hierdie vyand sal Babel van alle kante af aanval. Hulle sal die land ook rot en kaal steel.
3 Moenie die soldate van Babel kans gee om hulle gevegsklere aan te trek nie. Moet hulle ook nie kans gee om hulleself te verdedig nie. Niemand moet gespaar word nie, veral nie die jongmense nie. Nee, die hele leër moet uitgeroei word.
4 Die Babiloniese soldate sal oral dood of gewond in die strate van Babel lê.