18 Afgode is eintlik nutteloos, niks anders as ’n bedrogspul nie. As die tyd kom om straf uit te deel, sal niks van hulle oorbly nie. Hulle sal vernietig word.
19 Maar die God van Israel is nie ’n afgod soos hulle nie. Hy het alles wat bestaan, gemaak. Deel hiervan is sy eie volk. Israel is sy besitting wat Hy baie spesiaal vir Hom uitgesoek het. Hy is die Here wat sterker is as alles en almal!
20 Die Here sê: “Babel, jy is my hamer waarmee Ek oorlog maak. Ek sal jou gebruik om volke mee stukkend te slaan. Ek sal met jou hulp koninkryke verwoes.
21 Ek sal jou gebruik om perde en ruiters uitmekaar te slaan en ook oorlogswaens met hulle bemanning.
22 Met jou hulp sal Ek mans, vroue, oumense, kinders en jongmense uitwis.
23 Verder sal Ek jou gebruik om herders en hulle vee uit te roei. Ek sal ook met jou hulp boere en hulle osse tot niet maak. Ek sal julle gebruik om offisiere en mense wat regeer te vernietig.”
24 Die Here sê ook: “Ek sal Babel en die Babiloniërs terugkry vir al die kwaad wat hulle aan my volk in Jerusalem gedoen het. Julle sal dit voor julle oë sien gebeur.”