3 Moenie die soldate van Babel kans gee om hulle gevegsklere aan te trek nie. Moet hulle ook nie kans gee om hulleself te verdedig nie. Niemand moet gespaar word nie, veral nie die jongmense nie. Nee, die hele leër moet uitgeroei word.
4 Die Babiloniese soldate sal oral dood of gewond in die strate van Babel lê.
5 Ek is die Here wat sterker is as alles en almal. Ek het Israel en Juda nie in die steek gelaat nie. Ek is steeds hulle God al het hulle oral in die land verkeerde dinge teen My, die God van Israel, gedoen. Daar is niemand soos Ek nie, Ek is volmaak.
6 “Vlug uit Babel uit! Red julleself! Sorg dat julle nie julle lewe verloor as Babel gestraf word nie. Dit is nou die tyd dat Ek besluit het om wraak te neem. Ek gaan die stad nou terugbetaal vir alles wat hulle teen My gedoen het.
7 Die Here gaan Babel gebruik om die nasies te straf. Babel is soos ’n goue beker in die Here se hande. Al die nasies van die wêreld sal van die wyn in die beker drink en dronk word. Hulle sal mal word van die wyn wat hulle gedrink het.
8 Maar iets snaaks het gebeur. Skielik het Babel nou ook geval. Dis verwoes. Huil oor die stad! Gee vir haar medisyne vir al die pyn wat sy het. Wie weet, miskien kan die stad weer gesond word.
9 Ons sou die stad gehelp het as ons kon, maar niks kan Babel nou meer red nie. Kom weg uit die stad! Gee pad uit Babel! Laat elke mens na sy eie land toe teruggaan. Wat met Babel gaan gebeur, is nou in die Here se hande. Hy sal besluit wat om te doen.