38 Die Babiloniërs gaan woes te kere en brul soos leeus. Hulle grom soos leeuwelpies.
39 Terwyl hulle nog so warm is van die wyn, sal Ek vir hulle ’n ander fees hou. Ek sal hulle laat drink totdat hulle baie vrolik is en aan die slaap raak. Hulle sal aanhou slaap en nooit weer wakker word nie.
40 Ek sal hulle bring om soos lammers, ramme en bokke geslag te word.”
41 Die Here sê: “Hoe verskriklik is Babel se val nie! Babel was vroeër op almal se lippe. Die stad wat deur almal in die wêreld geloof is as so wonderlik is deur vyande ingeneem. Nou skok dit ander volke as hulle die toestand sien waarin Babel is.
42 Dit is of die see opgestoot en oor Babel gespoel het. Die stad lê toe onder die golwe.
43 Ook die stede rondom Babel is in ’n vreeslike toestand. Die land is droog en lyk soos ’n woestyn. Niemand bly meer in die stede of gaan selfs daar naby verby nie.
44 Ek sal Bel, die god van Babel, straf. Ek sal alles terugvat wat hy van ander mense opgeslurp het. Die nasies sal nie meer kom om hom te dien nie. Babel se mure het geval, die stad is nou in die hande van die vyand.”