40 Ek sal hulle bring om soos lammers, ramme en bokke geslag te word.”
41 Die Here sê: “Hoe verskriklik is Babel se val nie! Babel was vroeër op almal se lippe. Die stad wat deur almal in die wêreld geloof is as so wonderlik is deur vyande ingeneem. Nou skok dit ander volke as hulle die toestand sien waarin Babel is.
42 Dit is of die see opgestoot en oor Babel gespoel het. Die stad lê toe onder die golwe.
43 Ook die stede rondom Babel is in ’n vreeslike toestand. Die land is droog en lyk soos ’n woestyn. Niemand bly meer in die stede of gaan selfs daar naby verby nie.
44 Ek sal Bel, die god van Babel, straf. Ek sal alles terugvat wat hy van ander mense opgeslurp het. Die nasies sal nie meer kom om hom te dien nie. Babel se mure het geval, die stad is nou in die hande van die vyand.”
45 Die Here sê vir die mense van Juda: “Maak dat julle wegkom uit Babel! Vlug vir julle lewe! Die Here is baie kwaad en gaan die stad tref.
46 Moenie bang wees en angstig word as julle die eerste nuus in die land hoor van moeilikheid wat kom nie. Elke jaar sal daar sulke stories loop van geweld en van leiers wat teen mekaar baklei.