31 In die 37ste jaar dat koning Jojagin ’n gevangene in Babel was, het Ewil-Merodak die nuwe koning in Babel geword. Hy was Jojagin goedgesind en het hom uit die tronk laat kom. Dit het gebeur op die 31ste Maart 561 v.C.
32 Ewil-Merodak het baie vriendelik met koning Jojagin gepraat. Hy het Jojagin beter behandel as al die ander konings wat in Babel gevange gehou is.
33 Jojagin hoef ook nie meer sy tronkklere te gedra het nie. Hy is ook toegelaat om vir die res van sy lewe saam met die koning te eet.
34 Die koning van Babel het ook vir Jojagin ’n gereelde toelaag gegee. Dit was om hom te help om te betaal vir wat hy elke dag nodig gehad het. Hy sou dit kry so lank as wat hy leef.