1 Mense van Benjamin, maak dat julle wegkom uit Jerusalem uit! Maak alarm om die mense van Tekoa te waarsku! Stuur rookseine op van Bet-Kerem af! Sorg dat almal gewaarsku is: ’n Baie groot mag is uit die noorde uit op pad en sal groot skade aanrig.
2 Jerusalem is soos ’n meisie wat mooi en fyn is. Maar die Here sê: “Ek sal haar verwoes.”
3 Die vyandelike troepe sal die stad omsingel. Hulle sal die gebied rondom die stad onder hulleself verdeel en daar kamp opslaan.
4 Dan sal die bevel gegee word: “Maak reg om die stad teen die middag aan te val!” Maar ander sal sê: “Dit is te laat om dit te doen, die dag is al amper verby. Kyk net hoe lank het die skaduwees al geword.
5 Kom ons val liewer die stad in die nag aan en dan vernietig ons die plekke wat vir verdediging gebruik word.”