16 Die Here sê: “As julle by ’n plek kom waar julle belangrike besluite moet neem, moenie oorhaastig wees nie. Wag ’n bietjie en kyk eers wat mense vroeër gedoen het. Doen dan wat die beste is. Julle sal dan weet dat julle die regte ding gedoen het. Maar julle het gesê: ‘Dit is nie wat ons wil doen nie!’
17 Ek het wagte aangestel om julle te waarsku as daar gevaar is, maar julle het gesê: ‘Ons sal nie luister nie!’
18 Al die nasies moet luister na wat Ek sê. Kyk gerus wat met my volk gaan gebeur.
19 Die aarde moet ook oplet wat gaan gebeur. Ek gaan my mense slegte dinge laat beleef. Hulle pluk net die vrugte van hulle eie planne. Hulle het hulle nie gesteur aan wat Ek te sê gehad het nie. My opdragte het hulle verwerp.
20 Dit help net mooi niks dat hulle vir My wierook uit Skeba bring nie. Hulle kan die ander speserye wat uit ander ver lande kom, ook maar hou. Ek weier om offers te aanvaar wat hulle vir My bring om in my goeie boekies te kom. Dit bring vir My geen plesier nie.”
21 Daarom sê die Here: “Ek sal stuikelblokke in die pad van hierdie volk bring waaroor hulle sal val. Ouers en hulle kinders sal hieroor val. Ook hulle bure en vriende sal sterf.”
22 Die Here sê: “Kyk, ’n baie sterk mag kom uit die noorde na Israel toe. Die land waar hulle vandaan kom, is ver van hier af.