2 Jerusalem is soos ’n meisie wat mooi en fyn is. Maar die Here sê: “Ek sal haar verwoes.”
3 Die vyandelike troepe sal die stad omsingel. Hulle sal die gebied rondom die stad onder hulleself verdeel en daar kamp opslaan.
4 Dan sal die bevel gegee word: “Maak reg om die stad teen die middag aan te val!” Maar ander sal sê: “Dit is te laat om dit te doen, die dag is al amper verby. Kyk net hoe lank het die skaduwees al geword.
5 Kom ons val liewer die stad in die nag aan en dan vernietig ons die plekke wat vir verdediging gebruik word.”
6 Die Here is sterker as alles en almal. Hy sê: “Sny bome af en bou ’n oprit met hierdie bome teen die mure van Jerusalem. So kan die stad dan ingeneem word. Hierdie stad moet gestraf word, want baie mense in die stad het nie vryheid nie, maar word onderdruk.
7 Jerusalem is soos ’n put wat aanhou vars water gee. Die mense van die stad hou net aan met geweld en die mishandeling van mense. Ek sien net altyd mense wat siek is en gewond in die stad lê.
8 Dit is jou laaste waarskuwing, Jerusalem! As julle nie luister nie, sal Ek My van julle losmaak. Ek sal julle stad verwoes en geen mense sal daarin bly nie.”