1 Die Here het vir Jeremia nog ’n boodskap vir Juda gegee.
2 Hy het vir Jeremia gesê: “Gaan na die ingang van die Here se tempel en dra die boodskap oor wat Ek vir jou gegee het. Sê: Judeërs, almal van julle wat na die tempel toe kom om die Here te kom dien, hoor wat sê die Here.
3 Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê: As julle ophou om al die verkeerde dinge te doen waarmee julle nou besig is, sal Ek julle in julle land laat bly.
4 Moenie julle laat mislei deur mense wat vir julle sê dat julle veilig is omdat die tempel van die Here in Jerusalem is nie.